Baie van die hoof uitvoerende beamptes van privaat maatskappye dra min kennis aangaande hulle persoonlike regsaanspreeklikheid onder die Wet op Beroepsgesondheiden -veiligheid (BGV). Ek het my eerste artikel vir Vuka Nuus oor hierdie onderwerp geskryf; Uitgawe # 03, kyk ons webwerf www.vukasa.org.za Nou die Covid-inentingsmandate en die vereiste risiko-assesserings (RA). Hierdie maatreëls behoort topbestuur te beskerm, maar is moontlik só gebrekkig dat dit nie kan nie. Al ons arbeidswetgewing bestaan om werknemers in ’n veiligeen gesonde werksomgewing, asook binne ’n billike en regverdige verhouding met die werkgewer, te laat werk.
Download the complete edition in PDF format HERE